Die Stille Epidemie
- Published By:
- Random House Struik
- Date Published:
- 21 April 2011
- Filesize:
- 1.56 MB
- DRM Restrictions:
- No Copy Allowed
No Print Allowed
No Lending Allowed
No Reading Aloud Allowed
- Item Code:
- 9781770222403
- Earn 49 points
- Find out how
In 2005 het Huisgenoot/YOU 'n artikel geplaas waarin Mariėtte Chippindall vertel het van die pad wat sy gestap het van 'n depressiewe, oorgewig vrou met 'n ongediagnoseerde skildklierprobleem na 'n Mevrou Suid-Afrika 2005-finalis. Die lesers se reaksie was oorweldigend: meer as 6 000 mense het Mariėtte geskakel binne die eerste drie weke nadat die artikel gepubliseer is. Dit was letterlik die hulpkreet van so baie mense met skildklierverwante probleme. En Mariėtte het besef dat sy afgekom het op iets waaroor so min van ons praat, maar waarmee so baie van ons saamleef ... iets wat gegroei het tot 'n stille epidemie. In hierdie boek vertel Mariėtte van die gebrek aan die regte inligting en gepaardgaande frustrasie, desperaatheid en hartseer wat sy ervaar het op haar pad terug na 'n gesonde skildklier. Sy skryf ook oor die roem, glans en geluk wat sy teruggekry het as gesonde vrou en skoonheidskoningin.


