Woord Vir Woord

Woord Vir Woord

[Paperback]
Author(s):Johan Stemmet
Published By:
Penguin Books (SA) (Pty) Ltd
Date Published:
29 August 2011
Country:
South Africa
EAN:
9780143528180
Earn 214 points
Find out how
R214.00
Price exclusive to website

DELIVERY

Approx. 5 - 9 Working Days

FREE SHIPPING FOR ORDERS OVER R250*

Daar is min gesigte op Suid-Afrikaanse televisie so wyd herken en geliefd soos die van Johan Stemmet, en min kenwysies so sinoniem met naweekaand-vermaak as die vrolike Noot vir Noot-klingel. Dat Johan Stemmet al vir meer as dertig jaar ononderbroke by televisie betrokke is, voor en agter die skerms, mag dalk sommige verras (hy lyk dan nie 'n dag ouer as dertig nie?) -- maar nog interessanter is die doodgewone aardsheid en opregte menswees wat die toonaard bepaal vir die gebore Weskusklong se lewenslied. Woord vir Woord is 'n reis deur Johan se lewe: 'n kleurvolle concerto met 'n goeie sarsie dawerende akkoorde (geweet dat Johan as student vir Paul Getty II partytjiemusiek verskaf het? Of die een was wat gesorg het vir Tolla van der Merwe se eerste televisieverskyning?) en onverwagse vingerlopies (hy't Afrikaans gegee by Rondebosch Boys High -- en dink self sy onderbaadjies op televisie lyk verspot!). Of jy nou 'n getroue aanhanger is, of eerder grappenderwys dink 'Kyk hoe kyk hy vir my!' -- Woord vir Woord is meer as bloot die vertel van 'n fassinerende lewe. Dis ook die verhaal van die ontvouing van die Suid-Afrikaanse televisiebedryf en 'n sout-van-die-aarde-storie wat nie anders kan as om wyd te resoneer en te boei nie!