Thula-thula

Thula-thula

[Paperback]
Author(s):Annelie Botes
Published By:
Tafelberg Publishers Ltd
Date Published:
1 June 2009
332 pages
Country:
South Africa
EAN:
9780624046851
Earn 180 points
Find out how
R180.00
Price exclusive to website

DELIVERY

Approx. 5 - 9 Working Days

FREE SHIPPING FOR ORDERS OVER R250*

Op 'n laatwintermiddag kom Gertruida Strydom alleen terug Kwakersvallei toe nadat haar pa en ma op die dorp begrawe is. Sy haat hulle. Terwyl sy 'n toegang-verbode-bord op die plaashek vassit, juig sy saam met die vleipaddas dat die koedoe voor hulle ingehardloop het. Dit was nie haar pa en ma nie. Dit was Abel en Susarah Strydom. Een en dieselfde. Algeheel verskillend. Stinkryk. Brandarm. Wandelend met God. Ingehaak by Satan. Sy was nooit hulle kosbare kroonkiewietjie nie. Toe hulle haar moes bewaak teen die naglikkewaan, het hulle haar uitgelewer. Abel het van haar sy merrieponie gemaak toe sy nog wou kinderliedjies sing en naaldekokers jaag. Kindvrou wat in die silwer maanlig voor die venster vir hom moet dans; op haar knieë voor ouma Strydom se spieëlkas staan en na gru-beelde kyk. Terwyl Susarah siende blind en horende doof lê en slaap. Of is sy wakker?