Meer as Oorwinnaars

Meer as Oorwinnaars

[Paperback]
Author(s):Solly Ozrovech
Published By:
CUM
Date Published:
1 August 2009
Country:
South Africa
EAN:
9781770005761
Earn 120 points
Find out how
R120.00
Price exclusive to website

DELIVERY

Approx. 5 - 9 Working Days

FREE SHIPPING FOR ORDERS OVER R250*

MEER AS OORWINNAARS is n belegging vir jou geloofslewe. Die 366 dagstukke sal jou toerus met kennis, begrip en insig oor die dieper betekenisse van geloof, hoop en liefde en hoe hierdie drie geloofsankers mekaar aanvul en deur liefde saamgebind word. Dit sal jou inspireer om God en jou naaste met oorgawe lief te hê deurdat jy sal verstaan hoe oneindig groot God se liefde vir jou is. Geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde Almal ken hierdie bekende teksvers uit 1 Korintiërs 13, maar wat ís geloof, waarop kan Christene régtig hoop en hoe kan ons ander oprég liefhê? MEER AS OORWINNAARS, Solly Ozrovech se unieke dagboek van 366 oordenkings, is saamgestel rondom hierdie drie geloofspilare. Omdat die hele dagboek rondom slegs drie temas sentreer, is soveel moontlik teksverse hieroor uit die Bybel ontgin. As ervare en deurwinterde gelowige is Solly Ozrovech toegerus om gelowiges dieper te lei in die grondwaarhede van die Christelike geloof en hulle die werklike betekenis van geloof in die Vader, die lewende Christus en die Heilige Gees te laat begryp. Aan die einde van MEER AS OORWINNAARS sal die leser n beter begrip hê van die vervlegtheid van die temas geloof, hoop en liefde, begryp hoe lief God ons het deur Christus en hoe om God en ander onbevrees en met oorgawe lief te hê.