In hierdie vierde kortverhaalbundel verskyn 'n versameling landskappe waarin menslike ervaring uitgebeeld word binne die groter stroming van die verbygaande tyd. In hierdie landskap maak diere hulle verskyning om die skynbare orde te versteur. 'n Likkewaan skuil onder 'n dogter se bed; bosvarke versteur mensgemaakte grense; deur 'n treinvenster word 'n vasgekettingde sirkusolifant gesien. Die verhale is atmosfeerryk en vol suggestie. Dikwels is dit dit wat nie gese word nie, wat die hardste praat.