Kennis Van Die Aand

Kennis Van Die Aand

[Paperback]
Author(s):Andre P. Brink
Published By:
Human & Rousseau (Pty) Ltd
Date Published:
5 March 2004
475 pages
Country:
South Africa
EAN:
9780798142830
Earn 102 points
Find out how
R204.00
Price exclusive to website

DELIVERY

Approx. 5 - 9 Working Days

FREE SHIPPING FOR ORDERS OVER R250*

Die verbod op Kennis van die aand in 1974 was ¿n keerpunt in die geskiedenis van die Afrikaanse letterkunde. Die publisiteit het gewissel van Koot Vorster se berugte uitspraak: ¿As d¿t letterkunde is, dan is ¿n bordeel ¿n Sondagskool¿ tot die stelling dat dit die ¿grootste roman is wat nog uit Suid-Afrika voortgekom het¿. En danksy di¿ publisiteit is dit w¿reldwyd vertaal, wat tot vandag toe die skrywer se internasionale loopbaan bepaal deurdat sy werk nou in 33 tale beskikbaar is. In Brink se werk self bly dit `n hoogtepunt, en dit is verbasend hoe eietyds dit nog steeds aandoen.

Teen die agtergrond van ¿n lydensgeskiedenis wat oor twee eeue strek en ¿n geskakeerde beeld van Suid-Afrika vandag, verloop die lewensverhaal van ¿n talentvolle Kaapse bruinman Josef Malan wat stadigaan ¿ veral in die ontplooiing van sy liefdesverhouding met die Britse meisie Jessica ¿ vernietig word deur die spanninge, magte en werklikhede van sy samelewing, terwyl hy tog ook op ¿n paradoksale manier oorwin.