Feestelike Frankryk

Feestelike Frankryk

[Paperback]
Published By:
Jonathan Ball
Date Published:
1 December 2010
424 pages
Country:
South Africa
EAN:
9781868424320
Earn 277 points
Find out how
R277.00
Price exclusive to website

DELIVERY

Approx. 5 - 9 Working Days

FREE SHIPPING FOR ORDERS OVER R250*

Dis nie elke dag dat skrywers in 'n helikopter by die bekendstelling van hul boek opdaag nie. Maar dit is presies wat Saterdag gebeur het by die bekendstelling van die besonderse kookboek Feestelike Frankryk: Fabels En Geregte Uit Die Franse Platteland (Festive France in Engels).

Hardy Olivier en Louis Janse van Vuuren het met 'n helikopter op die plaas Lelienfontein buite Wellington geland terwyl Anet Pienaar, hul medeskrywer, die talle gaste verwelkom het. 'Dit was Louis se droom,' het Pienaar gese.

Hierdie drietal, 'n kunstenaar, 'n sjef en 'n stylvolle dame, het die kookboek saamgestel na 'n reis deur Auvergne in Frankryk.

Daarom was die plattelandse atmosfeer van Lelienfontein ideal vir 'n viering van hul kookboek. 'Nader aan die Franse platteland kan jy nie kry nie,' het Pienaar gese.

Gaste is met hul aankoms by die stylvolle Franse fees met rose bedien. Die wyn is spesiaal deur Bosman Familie Wingerde vir die geleentheid geskep. Musiek is deur Neil Rademan en die voilis Wilken Calitz voorsien.

Gaste is bederf met geurige kos wat die drietal opgedis het. Kelners met Franse hoedjies het onder meer krewelsopies, salmhappies, tjips met 'n knoffelbottersous en boereworsrolletjies met strikkies om uitgedeel.

'Mense vra wie borg dit alles,' het Janse van Vuuren gese. 'Dis ons! Dit gaan vir ons oor vriende. Ons wil se dankie se aan almal.'