Die Genesis-faktor

Die Genesis-faktor

[Paperback]
Published By:
Human & Rousseau (Pty) Ltd
Date Published:
1 August 2010
264 pages
Country:
South Africa
EAN:
9780798151184
Earn 184 points
Find out how
R184.00
Price exclusive to website

DELIVERY

Approx. 5 - 9 Working Days

FREE SHIPPING FOR ORDERS OVER R250*

Die derde roman in François Bloemhof se 'Rooi Luiperd'-reeks is gewaarborg om weer die adrenalien vinnig te laat pomp. Mark Steyn is agent Rooi Luiperd, een van Die Fabriek se agente en ook lid van die Groot Vyf ­- met rooi klaring, wat daarop neerkom dat jy tydens 'n sending voor die voet kan doodmaak solank jy dit later kan regverdig.

Dié keer verruil hy Venesië vir 'n plaas in die Swartland waar daar veel meer as boerdery aan die gang is ... maar wat is die presiese aard van die bose bedrywighede, wie en wat is die skurk (of skurke) en hoe durf jy 'n vyand aan wat jy nie verstaan nie?

Dit is 'n viering van goeie ou spanning-as-ontvlugting. Helde onthou weer hoe om soos helde op te tree, en die ander kant kry kans om te wys wat húlle die beste doen. Die wêreld van die Rooi Luiperd is geen refleksie van vandag se neerdrukkende koerantopskrifte nie - op sy terrein kan enigiets gebeur; en dit gebéúr.

The third 'Rooi Luiperd' espionage novel is brimming with action and intrigue. Mark Steyn, an agent for The Firm with a licence to kill, embarks on a mission that takes him to the seemingly tranquil Swartland farming district - but as usual danger lurks around every corner and soon he is fighting for his life again. Die Genesis-faktor will appeal to all lovers of a good espionage yarn.

François Bloemhof is die skrywer van meer as 40 boeke vir die volwasse, tiener- en jeugmarkte. Hy is meermalig in elke kategorie bekroon, insluitend vir sy eerste roman, Die nag het net een oog. Van sy pryse sluit etlike ATKV-Veertjies in, waar lesers self hulle wenboeke aanwys. Hy het ook reeds bundels vir verskeie uitgewers saamgestel. Daarbenewens het hy sukses behaal met die skryf van tekste vir die verhoog ('n kabaret en tienerstuk) en radio (dramas en 'n vervolgverhaal). Hy is 'n vryskut-taalpraktisyn asook -kopieskrywer, -resensent en -joernalis. Hy was ook al verhaleredakteur vir die tydskrif Sarie en boekeredakteur by Die Burger. Tans woon hy in Durbanville.

François Bloemhof is a well-established author who has published more than forty titles in various genres and has won numerous prizes along the way. He freelances as a language practitioner and lives in Durbanville.